Error loading page.
Try refreshing the page. If that doesn't work, there may be a network issue, and you can use our self test page to see what's preventing the page from loading.
Learn more about possible network issues or contact support for more help.

SARIE

Sarie Kreatief - Brei 2025
Magazine

SARIE is die voorkeur-glanstydskrif van die Afrikaanssprekende vrou van Suid-Afrika met ‘n moderne wêreldbeskouiing. SARIE is ‘n intieme deel van haar lewe en ‘n ware voortsetting van haar leefstyl. Maand ná maand vertel die tydskrif tipies Suid-Afrikaanse stories wat haar altyd goed laat voel oor haarself en haar wêreld. Dis na SARIE dat sy haar wend vir kernoplossings en vertroude geselsies. Dis waar sy haar spesiale inspirasie vind.

Brief: Kreatiewe redakteurs

WOLVERLIEF • Bonkige steke, kabels, knooptruie en getekstureerde patrone is die nuutste tendense in die wêreld van brei en hekel, stokperdjies wat die laaste paar jaar steeds gedy. Natuurlike vesels soos katoen en bokhaar vermeng met ander drade neem die voortou. Die nederige granny square kry nuwe status in die vorm van handsakke, kussings, hoede en immergewilde komberse. Oud en jonk doen ewe lekker mee. Ook bekendes, soos die Britse Olimpiese duiker Tom Daley, wat gereeld met sy brei- en hekelwerk gesien word. Hy het selfs sy eie Instagramblad, hou praatjies oor die onderwerp en het al ’n breiboek, Made with Love, uitgegee. Maar bo alles is dit vir hom die beste manier om te ontspan en te herlaai

1 LOSPASSENDE HOËHALSTRUI • Die byekorfpatroon, saam met die subtiele kleurvariasie van die katoen-en-wolbreidraad, maak die trui iets besonders. En die kaneelbruin is so reg in die modekol

2 MAKLIKE WOLMUS • Die mus word met sirkelpenne en ’n dik driekleur-woldraad in die rondte gebrei. ’n Lekker vinnige projek!

3 SNOESIGE TRUI MET DIAMANTPATROON • Die trui word basies soomloos in een stuk gebrei vanaf die hals na onder

4 TRUI MET SAGTE HALSLYN • Die trui se halslyn vloei mooi saam met die raglanmoue en dis elegant en gemaklik om te dra

5 ’N TRUI VAN LINNE-KATOEN VIR HOM • Die natuurlike breidraad is veral geskik vir mans wat gou warm kry. ’n Patroonsteek voor en ’n wit streep om die moue en vir die hals maak die breiwerk interessant

6 OORKRUIS-MANTEL • Die mantel bestaan uit twee dele, waarvan die voorpant gedraai word voordat dit aan die agterpant gewerk word

7 GEHEKELDE BOOTNEKTOP • Die patroonsteek gee ’n growwe kantvoorkoms en as jy eers die slag het van die steek, is dit vinnig om die top te hekel

8 ONDERBAADJIE MET KAPPIE • Hou die kinders se lyfies warm in so ’n onderbaadjie waarin gemaklik gespeel kan word én dis boonop vinnig om te brei

9 MANSKNOOPTRUI MET V-HALS • Brei dié warm trui met lekker dik draad en penne, net reg vir die winter. Knooptruie is nou hoog in die mode!

10 SJOKOLADEBRUIN TRUI MET V-HALS • Die riffelsteekpatroon op die moue, breë V-hals en warm sjokoladebruin kleur is in die kol vir die winter

11 MOULOSE TOP MET RONDE HALS • Die top is perfek vir die laag-op-laag-voorkoms. ’n Breë patroonsteek gee jou werk mooi tekstuur

12 ROOI BAADJIE-TRUI • Helder jou winterkas op met dié vrolike warm baadjie. Die patroonsteek is maklik om te volg

13 GRYS GEHEKELDE JAS • Die veelsydige jas het splete op die sye en ’n kraag wat lekker hoog toeknoop

14 POFMOUTRUI MET ’N BIETJIE GLANS • Die breidraad is gespin met verskillende vesels, waarvan een ’n glansdraad is. Die trui word met sirkelpenne van bo na onder gebrei

15 STYLVOLLE GROEN TRUI • ’n Maklike patroonsteek versier die oorgroot moue van die warm trui

16 GEHEKELDE TOP MET BOBBELS • Die top is ’n lekker uitdaging met ’n diamantpatroonsteek vir riffelstroke onder en by die moue, asook mentgroen bobbels as tekstuur

17 ASIMMETRIESE TRUI • Die trui se agterpant is heelwat langer as die voorpant, wat dit ’n informele voorkoms gee

18 EKSTRA-LANG BOKHAARSERP • Draai jouself op koue...

Formats

  • OverDrive Magazine

Languages

  • Afrikaans